MunicipalNews

Bela-Bela se skuldbeleid onder die vergrootglas

Die munisipaliteit het tydens die vorige boekjaar ’n ongekwalifiseerde oudit ontvang wat beteken dat die munisipaliteit se bestuur en besteding agteruitgegaan het.

Dit is steeds onduidelik of die beleid wat bepaal dat Bela-Bela-inwoners slegs die helfte van hul uitstaande munisipale skuld met die aanbreek van die nuwe boekjaar op Sondag 1 Julie hoef te betaal, geldig is.

Die 50%-skema is geïmplementeer om inwoners met agterstallige rekenings te help. Inwoners wat aansoek gedoen het, hoef slegs 50% van hul agterstallige skuld (rekeninge ouer as 60 dae) te betaal en die res is dan afgeskryf.

Daar is talle kere tydens raadsvergade-rings van die Bela-Bela-munisipaliteit, asook in gesprekke met raadslede bespreek dat inwoners van die begin van die nuwe boekjaar (2018/2019) ten volle vir munisipale dienste moet betaal aangesien die skema gaan wegval.

Kimi Makwetu, ouditeur-generaal (OG), het in sy ouditverslag gesê die munisipaliteit het agter geraak weens skuld wat afgeskryf is. Dit is slegs een van die bydraes wat gelei het tot die OG se ’n gekwalifiseerde oudit met bevindinge aan die munisipaliteit.

Die munisipaliteit het tydens die vorige boekjaar ’n ongekwalifiseerde oudit ontvang wat beteken dat die munisipaliteit se bestuur en besteding agteruitgegaan het.

Die munisipaliteit is egter positief dat hul nuwe bestuur, wat uit Sello Michael Makhubela, munisipale bestuurder, Ramadiga Melvin Marutha, hoof-finansiële beampte, en Jamela Selapyane, hoof van korporatiewe dienste, bestaan, die munisipaliteit weer vorentoe kan neem.

Marutha het by navraag gesê hy is van plan om volgens die kredietbeheer- en skuldbeleid met Makhubela in gesprek te tree oor of die 50%-skema om skuld af te skryf in die toekoms nog gebruik sal word of nie.

“Indien mense agter geraak het met hul betalings, kan dit veroorsaak dat die munisipaliteit finansiële probleme ondervind — veral met ons kontantvloei,” het Marutha gesê. “Ons reik gereeld briewe teen wanbetalers uit, maar ons het tot op hede nog geen dagvaardiging uitgereik nie.”

Sou inwoners nie vir dienste gelewer betaal nie, kan die munisipaliteit nie funksioneer nie, het hy gesê.

Die munisipaliteit het onderneem om veranderinge rakende die 50%-skema binnekort bekend te maak.

Related Articles

Back to top button