Local sportSport

Hengelaar se karp besorg haar tweede plek

Twee hengelaars van Modimolle het die afgelope naweek hul lyne tydens die jaarlikse winter karpbonanza by die Roodekoppiesdam naby Brits ingegooi.

Vanjaar se kompetisie is van 6 tot 8 Julie by dié gewilde visvangdam gehou.

Corrie Janse van Rensburg en sy 20-jarige dogter Cornelia was onderskeidelik in posisie 36 en 35 op die punteleer. Cornelia het met die tweede plek onder die vroue weggestap met haar karp van 5,4 kg. Corrie se karp het 5,28 kg geweeg terwyl die wenkarp van die kompetisie ’n bielie van 13,71 kg was. Corrie het in 2015 as die wenner van dié kompetisie weggestap.

 

Corrie Janse van Rensburg het goed gevaar tydens die winter karpbonanza wat by Roodekoppiesdam naby Brits gehou is. Hier is hy met sy grootste karp wat 5,28 kg geweeg het.

 

“Ek is effens teleurgesteld. Ek sou graag weer vir die Suid-Afrikaanse kampioenskap wou kwalifiseer, maar ’n mens weet nooit hoe groot is die vis wat die dag gaan byt nie,” het hy gesê.

Die twee, wat langs die viswaters gekamp het, het weer Corrie se beproefde geheime mengsels, Pa-se-mal-kerrie en Pa-se-mal-gemmer, gebruik om die karp te haak.

Volgens Corrie vang hulle gereeld by die Donkerpoortdam en plaasdamme in die omgewing vis. Ondanks Donkerpoortdam se damvlak, wat Corrie op ongeveer 40% skat, het hy onlangs ’n 7,5 kg karp daar uitgetrek.

“Ek het die vis teruggegooi sodat my kinders ook eendag die plesier kan hê om sulke grotes te vang,” het hy gesê.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button