Local sportSport

Nylstroom-rugbyklub laat Kwaggas les opsê

Die Nylstroom- en Kwaggarugbyklub het op Vrydagaand 29 Junie witwarmrugby gespeel en die koue het beslis nie die toeskouers se geesdrif gedemp nie.

Die spanne het op Hoërskool Warmbad se A-rugbyveld teen mekaar te staan gekom. Nylstroom was die hele wedstryd deur die beter span en het die Kwaggas met 43-12 gewen.

Jannie Venter, Nylstroom-klubpresident, het gesê die voorspelers het goed saamgespeel terwyl die agterspelers deeglik afgerond het. Die spelers het skitterende drieë gedruk en die Nylstroomspelers het beslis die lynstane en losspel oorheers.

“Ek is baie trots op elke speler en die span in geheel,” het hy gesê.

JP Verhoeven van die Nylstroomspan het veral as voorspeler uitgestaan, asook Juandre Nieuwenhuizen, agterlynspeler van die span, het Venter gesê.

Die Nylstroomspan speel op Vrydagaand 6 Julie om 20:00 teen die Vaalwaterklub op Hoërskool Nylstroom se veld.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button