Local sportSport

Rolbalklub eindig toernooi met spogprysuitdeling

Die Warmbad-rolbalklub het op Woensdag 27 Junie sy jaarlikse Presidentstoernooi met ’n klubprysuitdeling afgesluit.

Die toekenning vir beste vordering het aan Isobell Botha en Mack Boshoff gegaan.

Charmaine van der Merwe het die toekenning vir die beste vrouebeginner ontvang en Juanita Greeff het die beker vir die beste vroue-enkelspelvoorgeespeler gewen.

Monica Ras en Annetjie Pieterse het die toekenning gewen as die vroue gekose pare 2-4-2 spel-kampioene, en Rita Coetzee, Annatjie Oelofse en Hettie Rossouw het die beker vir die vrouedriespel gewen. Rossouw het ook die gemengde 101-enkelspel sonder moeite gewen.

Hettie Rossouw van die Warmbad-rolbalklub is weer vanjaar, ná afloop van die onlangse Presidents-toernooi, met die vroueklubenkelspel-kampioentoekenning vereer. Op die foto is Stephanie Vermeulen, visepresident van die klub, en Rossouw tydens die prysuitdeling.

In die vroue gekose pare het Stephanie Vermeulen en Magda Grové die beker loshande gewen. Juanita Greeff en Stephanie van der Merwe het uitgestaan in die gelote pare-spel.

Kolie en Monica Ras is aangewys as die wenners van die gemengde gekose pare-spel terwyl Tollie en Marliza Venter die gemengde gekose pro-10- spel gewen het.

Howard Holtzhausen, asook Magda en Jan Grové, was die wenners van die gemengde gelote driespel. Pieter Steynberg en Cathy Loots is as die topspelers van die gemengde gelote pare-spel aangewys.

Flip Botha en Jan Greeff het tydens die mans gekose pare-spel as die beste spelers uitgetree.

Lochner Mudge was die beste mansbeginner van die dag.

Holtzhausen en Tollie Venter is as die beste spelers in die mansenkelspel vereer en is ook as die gesamentlike wenners van die mans gekose 2-4-2- pare-spel. Norman Bibbey het saam met hulle die mans gekose driespel gewen. Mudge en Holtzhausen het veral uitgestaan in die mans gelote pare-spel.

Die gesogte presidentsbeker is aan Drienie en Tienie Briel, asook Wilna Walmsley, toegeken.

Rossouw is weer vereer met die tien jaar vroueklubenkel-spelkampioentitel.

Sekere spelers is ook erken vir die prestasies wat hulle vanjaar op provinsiale vlak bereik het. Kolie Ras, Rossouw, Van der Merwe, Leon Raath en Oelofse is hiervoor uitgesonder.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button