Local newsNews

Die Pos skitter by toekenningsaand

Die Pos is aangewys as die koerant met die treffendste voorblaaie in die afdeling vir korporatiewe, betaalde koerante.

DIE POS MAAK SY STEM DIK

Die Pos is op Vrydagaand 29 Junie tydens die gesogte FCJ Excellence Awards in Pretoria met twee nasionale pryse en drie plekke onder die top 12 bekroon.

Die forum vir gemeenskapsjoernaliste (FCJ) vereer jaarliks die topjoernaliste en -fotograwe in die land.

Die toekenningsgeleentheid is vanjaar voor 100 uitsoekgaste by die Leriba Hotel & Spa in Centurion, Pretoria, gehou.

Die Pos is aangewys as die koerant met die treffendste voorblaaie in die afdeling vir korporatiewe, betaalde koerante. Drie voorblaaie wat in 2017 verskyn het, is die aand uitgesonder as besonder treffend.


Beste voorblaaie:

 

 

Met dié drie treffende voorblaaie het Die Pos die afdeling vir beste voorblaaie (korporatiewe betaalde koerante) gewen.

Keina Swart, redakteur, het ook met die wenprys weggestap vir beste hoofopskrifte. Volgens die beoordelaars is haar opskrifte skerp, oorspronklik en op die man af. “Sy weet hoe om met woorde te speel.”


Beste hoofopskrifte

 

 

Keina Swart, redakteur van Die Pos, is aangewys as wenner in die afdeling vir treffende hoofopskrif-te. Hier is drie van die opskrifte wat spesiale vermelding ontvang het.

Ronel van Jaarsveld, Die Pos se verslaggewer in Modimolle, is onder die top 12 aangewys in die kategorie vir harde nuus — volgens die beoordelaars een van die afdelings met die strafste mededinging. Volgens die beoordelaars het die meeste berigte in dié afdeling oor misdaad en diensleweringsprobleme gehandel.

Johnny Masilela, redakteur van The Beat (Die Pos se susterspublikasie) het twee sertifikate gewen. Hy is onder die top tien skrywers van rubrieke gelys vir sy maandelikse rubriek, From the other Side of Town, wat hy vir Die Pos skryf. Masilela is ook onder die top agt skrywers van hoofopskrifte vir The Beat genoem.

Johnny Masilela, redakteur van The Beat (Die Pos se susterspublikasie) het twee vermeldings onder die top tien gekry: As rubriekskrywer en ook vir sy hoofopskrifte in die uitlegafdeling van The Beat.

Herman Steyn, fotograaf van Die Pos, het ’n foto onder die top tien in die kategorie vir sportfotografie gehad.

Dié foto van Herman Steyn is onder die top tien in die afdeling vir sportfotografie aan-gewys.

Joernaliste en fotograwe van meer as 80 koerante uit al nege provinsies het in vanjaar se kompetisie meegeding. Volgens Fanie Groenewald, sameroeper van die beoordelaars, toon vanjaar se inskrywings dat gemeenskapskoerante baie aktief in Suid-Afrika is, en beslis hul onderskeie gemeenskappe dien.

“Dit is die enigste kompetisie in die land waar joernaliste en koerante hul werk kan meet teen alle ander mediagroepe — groot of klein, korporatief of onafhanklik,” lui ’n verklaring van die FCJ.

Related Articles

Back to top button