CrimeNews

Misdaadtonele moet veilig bewaar word vir ondersoek

Die doel van die vergadering was om die gemeenskap in te lig oor landelike veiligheid en die beveiliging van misdaadtonele.

Die polisie in Vaalwater het op Woensdag 13 Junie ’n werkwinkel oor die beveiliging van misdaadtonele in Laerskool Vaalwater se saal aangebied.

Die doel van die vergadering was om die gemeenskap in te lig oor landelike veiligheid en die beveiliging van misdaadtonele.

Die doel van die gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) se veiligheidsgroepe is om wetteloosheid te bekamp deur noue samewerking tussen die polisie en die gemeenskap.

Die klem het Vrydag egter op die belangrikheid van die misdaadtoneel en die regte hantering en optrede met bewyse, wat geldig in die hof moet wees, geval.

Die skoolsaal was volgepak met boere van die omgewing, sekerheidsondernemings, polisielede, die Security Interest Group (SIG) en inwoners van die dorp.

AO Tshepang Moroe, wat die opleiding aangebied het, het verduidelik dat die eerste persoon op die misdaadtoneel die terrein moet beveilig. Dit is daar waar die sentrale bevelpunt gevorm word.

“Die persoon sal noodgedwonge die posisie van ‘bevelvoerder van toegang tot die terrein’ beklee.” Die persoon moet die omtrek van die misdaadtoneel aandui, wat uit die aard van die saak baie weier is as die direkte area. Die persoon moet ook die paadjie wat op die vasgestelde area/toneel geloop mag word aandui, asook die plek waar die voertuie moet parkeer, het Moroe gesê.

Die persoon wat tweede op die toneel is, kan help om die eerste persoon op die toneel by te staan en moet aandring op samewerking wanneer nog gemeenskapslede opdaag. “Die tweede persoon moet ook help met die uitvoer van die vasgestelde plan totdat die persoon in bevel aan die polisie kan oorgee.”

Moroe het gesê die terugvoer was positief. Christo Venter, van die GPF in die dorp, het Moroe as een van die bestes vir die aanbieding van dié werkwinkel beskryf.

Related Articles

Back to top button