Community galleriesGalleries

Geite en giere…

Wat gebeur in en om die Waterberg?

’n Palmboom is vermoedelik op Woensdagaand 27 Junie op die hoek van De Beer- en Reitzstraat in Bela-Bela aan die brand gesteek. Volgens die gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) is die brand vermoedelik deur stout kinders gestig. Die brand het gelukkig nie die nabygeleë eiendomme geraak nie. Lt.kol. Abel Phetla, speurtakhoof van die Bela-Bela-polisie, het by navraag gesê volgens wet kan kinders tot op tienjarige ouderdom nie van misdrywe aangekla word. Die polisie kan slegs ’n navraagdossier open, afhangende van die misdryf. Kinders in hierdie ouderdomsgroep sal nie in hegtenis geneem word nie. Kinders tussen 11 en 18 jaar kan aangekla en in hegtenis geneem word. Phetla het gesê hierdie kinders word dan aan maatskaplike werkers oorhandig waarna die hof bepaal hoe die kind aanspreeklik gehou moet word vir sy of haar misdrywe.
André Friedman en Jennifer Webber het op Saterdag 29 Junie die ja-woord by Bush Lovers Lodge net buite Modimolle aan mekaar gegee. Ds. Wollie Wolhuter het die paartjie in die huwelik bevestig. André is die oudste seun van André en Rencia Friedman van Modimolle en Jennifer is die enigste dogter van Jo-Anne Oosthuizen en Sean Webber. Die egpaar vestig hulle in Modimolle.
Lou-Marie Croukamp, ’n gr. 3-leerder aan Laerskool Vaalwater het beslis ’n oplossing teen die koue. Sy het net voor die skool vir die wintervakansie gesluit het, besluit om haar pelshoed skool toe te dra. Lou-Marie het gesê dit is baie lekkerder as ’n mens se ore
warm is.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button