LettersOpinion

Slaan self hand aan die ploeg

Ons as inwoners en belastingbetalers van Mookgophong word gestraf met onbekwame en onproduktiewe munisipale amptenare.

Faan Burger, Mookgophong, skryf:

Die positiewe optrede en handelinge die afgelope week en maande van die belastingbetalers van Mookgophong verdien ’n veer in die hoed en kan nie ongesiens verbygaan nie.

Hier is die oplossing: Die inwoners/belastingbetalers slaan self hand aan die ploeg en doen op eie koste verbeterings en onderhoud om ons dorp te onderhou.

Baie dankie aan AfriForum se Philip van Staden, die Naboomspruit-sakekamer se Johan Bronkhorst, Mokone du Preez en Working on Fire met al sy personeel. Hulle is produktief en het ’n baie mooi gesindheid.

Ons as inwoners en belastingbetalers van Mookgophong word gestraf met onbekwame en onproduktiewe munisipale amptenare. Onderhoud word nie gedoen nie, die hoë amptenare en bestuur in die munisipale kantore is selde beskikbaar, eet op ongeleë tye en is onbekwaam om hul werk te doen. Die twee arme onderdane moet al die probleme oplos en nog die bestuur se werk ook doen.

Miljoene rande word betaal vir munisipale amptenare wat salarisse ontvang en nie salarisse verdien nie.

Related Articles

Back to top button