LettersOpinion

“Ek was lus en looi die klein karnallie!”

Vandag se kinders het mos menseregte, ongeag wat hulle aanvang.

Stieler van Eeden, Bela-Bela, skryf:

Ek wonder eintlik wat om te sê of wat ek moes doen.

Moes ek nou geluk sê omdat dit ’n kolskoot was, of moes ek die klein swerkater se kop van sy lyf geklap het?

Vandag se kinders het mos menseregte, ongeag wat hulle aanvang, anders was ek, die slagoffer, seker in die moeilikheid.

Ek wil inwoners waarsku om versigtig te wees.

Ek het op Maandag 25 Junie om 12:30 niksvermoedend in Driverstraat, Bela-Bela, gery toe ’n seun my motor se windskerm met ’n rek (kettie) vanuit die Reitzstraat-parkie stukkend geskiet het. Ek het hom op heterdaad betrap, al het hy tussen die riete weggekruip.

Ek weet wie die kind en sy ouers is en waar hulle woon en werk.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button