Local newsNews

Leerder tragies dood ná bywoning van inisiasieskool

Titus Machaba (14), ’n leerder van Hoërskool Warmbad, is kort voor die begin van die wintervakansie onverwags oorlede.

Volgens inligting van die skool is Titus op Vrydag 15 Junie deur sy ouers uit die skool gehaal om ’n tradisionele inisiasieskool by te woon.

Hoërskool Warmbad het op Donderdag 21 Junie die tragiese nuus van Titus se dood op hul Facebook-blad geplaas.

Talle mense het die familie op die blad sterkte toegewens en gesê dat Titus ’n sterleerder was.

Lt.kol. Abel Phetla, speurtakhoof van die polisie in Bela-Bela, het aan Die Pos gesê hulle is bewus van die kind se dood, maar kan nog nie bekendmaak waar die voorval plaasgevind het nie.

Die Pos het navrae aan kol. Moatshe Ngoepe, provinsiale woordvoerder, gestuur maar hy het teen druktyd geen terugvoer gegee nie.

Titus is volgens sy familie reeds begrawe.

Related Articles

Back to top button