Local sportSport

Twee plaaslike spanne pak mekaar op die rugbyveld

"Ons voorspelers het die hele wedstryd oorheers, maar ons kon net nie afrond nie."

Die Waterberg-rugbyliga sorg deesdae vir naelbytoomblikke terwyl die plaaslike spanne sake op die rugbyveld uitspook.

Die Kwagga-rugbyklub van Bela-Bela en die Nylstroom-rugbyklub pak mekaar op Vrydagaand 29 Junie om 20:00 op Hoërskool Warmbad se veld.

Die Kwaggas hou veral hul koppe hoog nadat hulle die Vaalwater-rugbyklub op Vrydag 22 Junie met 18-13 gewen het.

“Dit was ’n harde wedstryd totdat die eindfluitjie geblaas het,” het Chris Goosen, afrigter van die Kwaggas, by navraag aan Die Pos gesê.

Die staatmakers op die veld wat die drieë vir die Kwaggas gedruk het, was Vian de Beer en Dawie de Jager. Reino Bothma het ook sy skopskoene aangehad en punte vir sy span ingepalm, het Goosen gesê.

Die Nylstroom-klub het ’n terugslag beleef toe hulle Vrydag met 30-20 teen Loskop-rugbyklub verloor het.

“Ons voorspelers het die hele wedstryd oorheers, maar ons kon net nie afrond nie. Dit was ’n goeie en harde wedstryd,” het Jannie Venter, klubpresident gesê.

Venter het Petrus van Staden as die topspeler tydens dié wedstryd uitgewys.

Intussen is die spanne reeds be-sig om litte los te maak vir Vrydag se kragmeting.

Hoewel die wedstryd eers om 20:00 begin, open die hekke vir toeskouers reeds om 17:00, het Goosen gesê.

* Goosen het gesê nuwe spelers is altyd welkom om by die klub aan te sluit. Die Kwaggas oefen nou elke Dinsdag van 18:00 tot 21:00 op Hoërskool Warmbad se veld.

Vir navrae bel vir Goosen by tel. 079 887 4808.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button