Community galleriesGalleries

Geite en giere…

Wat gebeur in en om die Waterberg?

Members of the Warmbaths Rotary Club recently attended the Rotary District Conference which was held between 15-17 June in Skukuza, Kruger National Park. Delegates from 11 different countries were represented at the conference. As a bonus for the Warmbaths Club, Drummond Hammond, past rotary club president, was officially appointed as one of the assistant governors for region 5, Pretoria. On the photo are Mark Rainier, current Warmbaths Club President, Rotary members Cora Klopper, Wandi van Wyk, Matilda Schwartz, Drummond Hammond, JP Schwartz (president elect) and Johan Adams during the conference.
Die VLU se Sonskyntak in Bela-Bela het op Donderdagaand 22 Junie hul maande-likse takvergadering gehou. Essa van Blerk, lid van die Warmbadtak, het die lede touwys gemaak oor hoogreliëfkerfwerk. Die lede het die kerfwerk op ’n koekie Sunlightseep gedoen en Van Blerk het gesê hierdie kerfwerk is die basiese begin-sels vir beginner houtsneewerk. Op die foto is Van Blerk en Therese Knoetze, takvoorsitter.
Dié yslike jaarlemoen, ook bekend as ’n pampelmoes, is amper groter as klein AB de Villiers van Modimolle se kop! Hy het dié enorme vrug op hul plaas buite die dorp gepluk.
Die Guinea Fowl-klas (gr. R) van Bosveldspruitjies Kleuterskool in Bela-Bela het op die laaste dag voor die wintervakansie gewys waar hul lojaliteit lê met die Springbokke se laaste wedstryd in die toetsreeks teen Engeland. Hoewel die Bokke die wedstryd verloor het, het hulle die toetsreeks gewen en kaptein Siya Kolisi is die Bosveldspruitjies se nuwe held.
Die Nylstroom-rolbalklub bak al jare lank elke maand pannekoek om geld vir die klub in te samel. Bestellings word van regoor die dorp geneem, waarna die pannekoeke warm afgelewer word. Gewoonlik bak die behendige span tussen 1 300 en 1 500 pannekoeke op ’n keer, maar in Junie het hulle ’n allemintige 1 800 pannekoeke gebak. Dit was grootliks te danke aan ’n skenking van een van die klub se lede. Die span kon 500 pannekoeke gratis by die Abraham Kriel-kinderhuis in die dorp aflewer.
Klub 60 van Bela-Bela het op Donderdag 21 Junie ’n sop-en-sjerriegeleentheid by die Caritas-aftreeoord in Bela-Bela aangebied. Braam Cilliers, klublid, het tydens die geselligheid ’n vasvrakompetisie oor ’n verskeidenheid temas aangebied. Die klub het intussen ’n paar nuwe lede bygekry. Klub 60 is vir alle bejaardes om nuwe vriendskappe oor ’n lekker bord kos en iets om te drink te bou. Vir navrae bel vir Jan du Toit by tel. 079 127 2442.
Die Naboom Tuiste vir Bejaardes verkoop lootjies teen R20 om geld vir die tehuis in te samel. Twee kruiwaens propvol kruideniersware is op die spel. Die Japsnoetjies-ont-wikkelingsentrum en Euphorbia Christelike Onafhanklike Skool in Mookgophong het saamgespan en een kruiwa gevul terwyl Hoërskool Hans Strijdom die ander kruiwa met kruideniersware gelaai het. Die kruiwaens het meer as R2 000 se niebederfbare kruideniers. Lootjies kan by Die Pos se kantoor in Bela-Bela of by Bambi in Modimolle, asook by die Tuiste vir Bejaardes in Mookgophong, gekoop word. Vir meer inligting oor die kompetisie bel vir Toeks Erasmus by tel. 082 380 0567 of tel. (014) 743 0186.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button