AdvertorialBusinessNews

PROMOSIE: Heerlike bederf by Platinum Spa

’n Mens kan in die huidige gejaagde lewe maklik “verwaarloos” lyk en daarom moet jy na jouself kyk.

Platinum Spa Health & Beauty-salon is ’n nuwe skoonheidshuis in Vaalwater waar voornemende kliënte net die beste behandeling kan verwag.

Dié onderneming se deure open op Saterdag 1 Julie en tydens die dag sal daar heerlike Portugese sop, brood en sjerrie bedien word.

Die salon sal ’n verskeidenheid behandelings aanbied waaronder masserings by die spa, naelbehandelings (bekend as die Nail Palace), gesigbehandelings, asook mani- en pedikure.

Die eienaar van Platinum Spa, Joice Ferreira, is al 18 jaar in die skoonheidsbedryf. Sy het haar kwalifikasie by Camelot International behaal. Ferreira glo dat ’n mens in die huidige gejaagde lewe maklik “verwaarloos” kan lyk en daarom na jouself moet kyk.

’n Gesigbehandeling doen volgens haar wondere aan ’n moeë vel en sy beveel ook ’n rugwerwel-detoksmassering aan.

Tydens dié massering word daar op die rugwerwels gefokus om al die spanning uit die liggaam te kry en ’n mens voel soos ’n nuwe mens ná die behandeling.

Elizabeth Motlogelwa gee, volgens Ferreira, die lekkerste voetmasserings.

Platinum Spa is volgens Ferreira een van die topspa’s in Limpopo en gebruik net Phytomer-produkte.

Hulle bied ook “body steam” vir die longe, vir beter sirkulasie en gewigsverlies aan.

By Platinum Spa word kliënte op die hande gedra en terwyl hul behandeling ontvang, kan hulle ’n koppie koffie of tee of iets koels bestel en geniet.

Platinum Spa se personeel gaan ook uit na lodges om te help met behandelings om sodoende ’n meer omvattende diens aan die Vaalwater-gemeenskap te lewer.

Alle behandelings geskied per afspraak.

Platinum Spa Health & Beauty-salon is geleë in Paul Krugerstraat 7 in die Village Square in Vaalwater. Vir besprekings skakel tel. 063 634 3178.

  • Ferreira het aan Die Pos gesê dat daar opwondende dinge vir die Village Square-sentrum beplan word en dat Vaalwater se inwoners kan uitsien na nuwe geleenthede en vermaak wat veral op jongmense gerig sal wees.

Related Articles

Back to top button