Lifestyle

Negester Klein-Kariba – die Bosveld op sy beste

NEGESTER KLEIN-KARIBA, MET SY PRAGTIGE BOSVELD-FAUNA EN -FLORA, LÊ IN DIE WATERBERG-BIOSFEER WAT OOK ’N UNESCO-ERFENISGEBIED IS.

 

 

Dié beveilig­de en vol­hou­bare leef­styl-land­goed vir vyf­tigplus­sers, grens aan die ATKV-Klein-Kariba- Vakan­sieoord en is naby Bela-Bela (Warm­bad) geleë, net ‘n uur se ry van Pre­toria af.

Die Bela-Bela- en Waterberg-om­gewing beskik oor ‘n heer­like somer­reën­val­klimaat, goeie win­kels, ‘n priva­at hos­pitaal, top­klas gholf­bane en ‘n ver­skeiden­heid natuur­re­servate.

 

 

’N SIMFONIE VIR DIE SINTUIE
By Negester Klein-Kariba is die ont­werp­styl van die geboue ‘n kon­temporê­re inter­pre­ta­sie van histo­riese Lae­veldse plaas­argitek­tuur en dit pas mooi in by die om­ge­wing en land­bou­kon­teks. Die geboue is ontwerp om ‘n lae visuele en fisieke im­pak op die Bos­veld­bioom te hê. Dié leef­styl-landgoed beslaan onge­veer 83 ha, met volop oop ruimtes met stap­roe­tes en ‘n ryk diere­lewe soos nja­las, rooi­bok­ke, talle voël­spe­sies en meer.

 

 

 

Bykans 185 van die vol­titel- en deel­titel-eien­domme is reeds verkoop en 271 erwe is ten volle ge­diens. Pryse van die vol­titel­erwe begin by R454 500 en huis­groottes wis­sel van ongeveer 104 m² tot 250 m². Inge­sluit by die prys van die erf, is goed­ge­keur­de huis­planne, argitek­fooie en oor­drag­kostes. Deel­titel-duette word ook aan die oor­deelkundige kop­er ­en beleg­ger aan­gebied.

Pryse van dueteen­hede met stan­daard­afwer­kings begin by R902 900. ‘n Woon­een­heid is 77 m² groot (hierby inge­sluit is ‘n stoepie van 9 m² en ‘n motorafdak van 18 m² ). Hierdie eenhede is gerieflik in die leefstyl-land­goed geleë, naby die mediese­sorg­sen­trum, hoof­ingang en beoogde klub­huis wat ’n veel­doelige saal, biblio­teek, haar­salon, asook ‘n sit­kamer met dames­kroeg gaan in­sluit. ‘n Aktiewe leef­styl word aan­ge­moedig met die beskik­baar­heid van net die beste sport­geriewe. Dié geriewe sluit onder meer in tennis­bane, ‘n swem­bad en ’n minigholf­baan.

ATKV AS GEMOEDSRUS-ONTWIKKELINGSVENNNOOT
Die ATKV-di­rek­sie het onge­veer sewe jaar gelede ‘n diver­sifika­sie­stra­te­gie aanvaar om onder meer betrokke te raak by die ont­wik­keling van leef­styl­be­hui­sing vir die vyf­tigplus­ser-groep. Vol­gens Schalk Cilliers, ATKV-sake se bestu­ren­de di­rek­teur, was dit ATKV se stra­te­gie om ‘n voet­spoor van bevei­ligde leef­stylbe­hui­sing in Suid-Afrika te ves­tig. Negester Klein-Kariba en Negester Onrus­­ri­vier was die begin van die uit­voering van hierdie strategie.

 

 

’N TOEVLUGSOORD VIR SAGTESORG
Negester Klein-Kariba spog met ’n moder­ne medie­se­sorg­sen­trum wat uit vier ver­swakte­sorg­een­hede (wat 12 beddens kan ak­kom­modeer) be­staan. Tuis­ver­sor­ging word as ‘n standaard­opsie deur Medwell-medie­sesorg­diens­ver­skaf­fer aan­ge­bied. Medwell spesia­liseer in raak­vat en gewaar­deer­de gemeen­skaps-, mediese onder­steunings- en verplegings­dien­ste.

Hulle het ook ‘n prak­tyk­nom­mer om in sekere gevalle kos­tes van me­diese fondse na­mens in­wo­ners te ver­haal. “Dit is ook ons oog­merk om tuis­ver­sor­ging by elke Negester as ‘n stan­daard­diens aan te bied, asook om mo­der­ne en goed­toegerus­te sorg­sen­trums te bou wat aan in­woners se mediese behoeftes kan voldoen en sodoende ver­dere gemoeds­rus te verseker,” sê Cilliers.

 

 

SKYN HELDER!
Die bekende skry­wer en digter DJ Op­per­man se gedig Nege­ster en ste­delig, het gedien as inspi­ra­sie vir die ont­wik­keling van die Nege­ster-han­dels­merk en slag­spreuk, Skyn hel­der. Die Negester-visie het ook hierop voort­ge­bou, naamlik die ont­wikke­ling en be­stuur van vol­hou­bare, bevei­ligde en gewaar­deer­de leef­stylland­goedere, waar die totale mens­wees van die vyftig­plusser-groep ge­koes­ter kan word.


Vir eiendoms­na­vrae, besoek Negester Klein-Kariba se web­tuiste by www.negester.co.za/klein-kariba, of stuur ‘n e-pos na info@negester.co.za of ska­kel hulle by tel. (014) 736 2388.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button