Hierdie drie verlore honde (bo en onder) is onlangs in die Bela-Bela-omgewing gevind en na die Warmbad-dierekliniek geneem. Die honde kan by die kliniek op die hoek van Luna- en Minnaarstraat afgehaal word.
Dié Jack Russell-tefie is verlede week in Hospitaalstraat in Modimolle gevind. Sy is vermoedelik ’n jaar oud. Haar eienaar, of iemand wat haar wil aanneem, kan die Kranskop-dierekliniek skakel by tel. (014) 717 5996.