Local sportSport

Rolbal-wintertoernooi op Bela-Bela suksesvol

Die Warmbad-rolbalklub het hul jaarlikse wintertoernooi van Maandag 4 Junie tot Vrydag 8 Junie in Bela-Bela aangebied.

 

Die Warmbad-rolbalklub het algeheel derde geëindig. Van links is Kolie en Monica Ras, Annetjie Pieterse en Mac Boshoff.

Altesame 24 spanne van oral oor het dié toernooi bygewoon.

Gezina Craill, Eureka Lawrence, Debbie en Ashley van der Merwe se gekombineerde span het met slegs een punt van die wenspan verskil en algeheel tweede geëindig.

Dit was vir die klub veral besonders toe vier susters, Annetta Blignaut, Amanda Malan, Marlene du Toit en Sonette Claasen van die Meyerspark-rolbalklub saam in ’n span gespeel het.

Troospryse is aan die Frankfurt-rolbalklub se Hanna Scheepers, Jan en Wilma Mentz en Johnny Muller uitgedeel. Geld is ook tydens die toernooi aan die Warmbad Rusoord geskenk.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button