CrimeNews

Plaasaanval: Vrou kritiek maar stabiel

"Sy is nog steeds kritiek, maar dit gaan goed onder omstandighede"

Dr. Lesley van Niekerk (63) sterk goed aan in ‘n Pretoriase hospitaal ná sy op Vrydag 15 Junie in die maag geskiet is.

Lees ook: Soektog duur voort ná plaasaanval. Plaasaanval: bejaarde vrou gewond

Vier aanvallers het vroegoggend op haar en haar 75-jarige man, dr. Hercu van Niekerk, op hul plaas in die Boekenhout-omgewing losgebrand.

Volgens die egpaar se dogter, Leatitia du Bruin, het haar ma skade aan haar niere, diafragma en milt.

“Sy is nog steeds kritiek, maar dit gaan goed onder omstandighede,” het sy gesê.

Die verdagtes het ‘n reusesoekspan ontduik en is steeds op vrye voet.

Die egpaar is albei afgetrede veeartse.

Related Articles

Back to top button