LettersOpinion

Inwoners word veilig gehou

"Altesame 83 voertuie is deursoek en twee onwettige immigrante is in hegtenis geneem"

Jaco Grobbelaar, AfriForum-distrikskoördineerder, Limpopo, skryf:

AfriForum se Nylstroom-buurtwag het op Woensdag 6 Junie in samewerking met die polisie en die gemeenskapspolisiëringsforum ’n klopjag in Modimolle uitgevoer.

Altesame 83 voertuie is deursoek en twee onwettige immigrante is in hegtenis geneem.

Dit was ’n reusesukses. Dié klopjag is ’n bewys dat samewerking tussen die polisie en die gemeenskap ’n daadwerklike verskil in gemeenskapsveiligheid kan maak. AfriForum wil graag op dié sukses voortbou en voortgaan om die verhouding tussen die buurtwag en polisie te versterk.

AfriForum moedig inwoners van Modimolle en omliggende omgewing aan om by die buurtwag aan te sluit deur die woord “Veiligheid” na tel. 45340 te SMS teen R1 per SMS of om vir Marie Scheepers by tel. 071 292 0093 te bel.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button