GalleriesSports galleries

Oor die wenstreep…

Die Waterberg-sportgemeenskap in foto's.

Die Pos se gereelde bydrae tot sport in en om die Waterberg.

Die o.14-rugbyspan van Hoërskool Warmbad het op Saterdag 9 Junie teen Hoërskool Frans du Toit in Polokwane uitgedraf, maar het verloor. Die o.14-span het amptelik derde in die Limpopo-liga uitgetree. Saam met die span is Johan Loubser, sporthoof, Thinus Janse van Rensburg, afrigter, Charles Lightfoot, afrigter, en Paul Liddle, skoolhoof.
Die Euphorbia Christelike Onafhanklike Skool in Mookgophong se o.11-rugbyspan het die Waterberg-sewesrugbyliga gewen. Laerskool Bysonderheid in Roedtan, Waterberg Academy in Vaalwater en Akademie Reformia in Polokwane het in die liga teen mekaar meegeding. Die laaste ligawedstryde tussen die vier skole is op Donderdag 31 Mei gespeel.
Hoërskool Warmbad se eerste netbalspan het op Saterdag 2 Junie die algehele derde plek tydens die Limpopo-kampioenskap verower. Dit is by Hoërskool Ben Vorster in Tzaneen gehou waar hulle teen ander netbalspanne meegeding het. Op die foto is die span saam met hul afrigter, Marnel Snyman.
Minette Vermeulen, Liz-Mari Steenkamp, Claudia van der Merwe en Leomai Meecham van Hoërskool Hans Strijdom is vir die Verre-Noord-netbalspan gekies wat tydens die Bokkieweek gaan deelneem. Die Bokkieweek vind van 2-6 Julie in Mookgophong plaas.
Die gimnaste van die Naboomspruit-gimnastiekklub het van 25-26 Mei aan die Limpopo-uitdunne in Louis Trichardt deelgeneem en goed gevaar. Altesame 19 van die gimnaste het hul Limpopo-kleure ontvang. Voor is Lumé Venter. In die tweede ry is Meandi Wells en Melissa Luther. In die derde ry is René Smal, Cian Snyman, Nathan van Brakel, Divan Marais, JJ Chauké en Allanaha Cawood. In die vierde ry is Karli van Wyk, Luné Otto, Danica Haggard, Reyeanne Bodemer en Aimee Lancaster. Agter is Ashleigh Lancaster, Clarize Boardman, Kylie Viviers, Jomari du Preez, Charlise van Emmenes en Mianke Kotse.
Die artistiese gimnaste van die Naboomspruit-gimnastiekklub het op Saterdag 5 Mei aan ’n kompetisie by die Brits-gimnastiekklub deelgeneem. Voor is JJ Chauke (silwer), Cian Snyman (silwer), Nathan van Brakel (brons) en Divan Marais (silwer). In die middel is Lumé Venter (brons), Karli van Wyk (goud), Jessica Potgieter (brons), Melissa Luther (brons), Luné Otto (silwer) en Aimee Lancaster (goud). Agter is Danica Haggard (goud), Jomari du Preez (goud), Kylie Viviers (gooud), Clarize Boardman (silwer) en Charlise van Emmenes (brons). Inlas Ashleigh Lancaster (brons).

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button