Community galleriesGalleries

Geite en giere…

Wat gebeur in die Waterberg?

Ons kyk na die afgelope week se doen-en-late in die Waterberg-gemeenskap.

The Warmbaths Rotary Club, in conjunction with the Methodist Church in Bela-Bela, recently had a very successful blanket run for needy people within the community. A pile of blankets were donated to the cause and will be distributed to those in need by the Stadspoort Project and the Methodist Church. On the photo are Rev. John Beck of the church and Mark Rainier, president of the Warmbaths Rotary Club.
Vandale was die afgelope week weer in Bela-Bela bedrywig. Dié potplant voor Farmstead Bloemiste op die hoek van Minnaarstraat en Pretoriaweg is Dinsdagaand 12 Junie verinneweer. Twee aande tevore is ’n pragtige halfmensboom voor Mad Coffee, net langsaan, ook middeldeur gebreek. Inwoners word gevra om op die uitkyk te wees vir kwaaddoeners wat saans skade aan sakeondernemings of munisipale eiendom aanrig en dit by die polisie aan te meld.
Die VLU-vroue van die Bosveld- en Soetdoringstreke was bevoorreg om op Vrydag 8 Junie die grootste grenadillaplaas in Afrika te besoek. Dié plaas is tussen Bela-Bela en Modimolle geleë. Die bykans 30 vroue en ’n paar mans het die uitstappie leersaam en interessant gevind. “Ons is werklik beïndruk om so ’n pragtige plaas in ons omgewing te kon besoek,” het Elsa du Plessis, die Nylstroomtak se skakel-beampte, gesê.
Die kankervereniging van Suid-Afrika (Kansa) het die afgelope week ’n toekenning aan Die Pos oorhandig vir die besondere bydrae wat die koerant oor die jare in die stryd teen kanker gelewer het. Die Pos en Kansa is jarelange vennote in die bewusmaking van kanker. Op die foto is Jo-Anne Wolmarans (voor-sitter van Kansa se Relay for Life in Bela-Bela), Keina Swart (redakteur van die Die Pos), Bea Emslie (bestuurder van Die Pos) en Ansie van Heerden (Kansa Waterberg-streek se gemeenskapsmobiliseerder).
Lede van die VLU se Olientak in Modimolle het op Dinsdag 24 April saam met Marlene van Staden, burgemeester van die Modimolle-Mookgophong-munisipaliteit, deurgebring en meer oor die bestuur van die munisipaliteit te wete gekom. Die tak het ook hul 18de verjaardag op Woensdag 18 April gevier. Retha Prinsloo en Pienie Stavast was twee van die stigterslede. Voor is Retha Prinsloo (takvoorsitter), Marlene van Staden, Annelie Ehlers (skakelbeampte) met Retha Oosthuizen jnr. op haar skoot. In die middel is Jessica Hattingh, Marina Herman (gas), Petro Hattingh, Lonka Bergsma (sekretaresse), Debbie du Plessis, Flos (Retha) Oosthuizen met klein Janus en Jolise Oosthuizen. Agter staan Riekie Bosch, Elsabé Koelewyn (beoordelaarsameroeper), Stephanie du Plessis en Pienie Stavast.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button