LettersOpinion

Stem in komende tussenverkiesing

Daar is steeds baie probleme in ons mooi dorp en ek wil almal se aandag daarop vestig dat klagtes, behalwe oor rekeninge, aangemeld kan word.

Daleen Steynberg, Bela-Bela, skryf:

Na aanleiding van die onlangse bedanking van Kobus van der Merwe, Wyk 9-raadslid, wil ek net die volgende onder die aandag van hierdie wyk se inwoners bring:

Hierdie is ’n uiters gewilde wyk in Bela-Bela. Inwoners moet asseblief mooi dink voordat hulle gaan stem, want daar is kandidate van drie partye in die munisipaliteit wat vir daardie wyk staan.

Onthou om by die Onafhanklike Verkiesingskommissie se kantoor by die munisipaliteit te registreer vir die tussenverkiesing wat op Dinsdag 17 Julie plaasvind.

Daar is steeds baie probleme in ons mooi dorp en ek wil almal se aandag daarop vestig dat klagtes, behalwe oor rekeninge, by my aangemeld kan word.

Ek het hierdie diens vrywillige begin en talle welslae is in die verlede met hierdie manier van aanmelding behaal. Ek het byvoorbeeld onlangs ’n saamgestelde verslag van klagtes van 2013 tot 2018 wat by my aangemeld is, aan die munisipaliteit oorhandig.

Al die klagtes is nie dadelik reggestel nie, maar die aanhoudende aanmelding van probleme is besig om ’n frustrasie vir die munisipaliteit te word. Ek verneem dat daar nou bekwame mense aangestel is en ek sien uit daarna om hul dienste op die proef te stel.

Die Bela-Bela-belastingbetalersforum (BBTF) se fondse het oor die jare min geraak met al die klagtes en koste wat aangegaan moes word om probleme te hanteer en ons wil vra dat mense gereeld donasies sal maak sodat ons sake behoorlik kan hanteer.

Die BBTF staan op vir elke belastingbetaler in Bela-Bela en doen hul bes vir die gemeenskap.

Bel my gerus vir enige navrae en munisipale klagtes by tel. 074 1997 338.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button