LettersOpinion

Dorpe moet nou saamstaan

Die tyd vir handevat en saamstaan het soos nooit tevore nie aangebreek.

Gawie Richter, Modimolle, skryf:

Die tyd vir handevat en saamstaan het soos nooit tevore nie aangebreek.

Met geldelike bystand kan die regspan wat hom daarvoor beywer dat Modimolle, Mookgophong en Vaalwater se ligte aanbly, in staat gestel word om ons saak tot in die hoogste hof te beveg.

Klippe gooi, beledigings, beskuldigings en vloermoere gaan ons nêrens bring nie.

Indien elke inwoner van die Modimolle-Mookgophong-munisipaliteit ’n bydrae maak, sal dit die Waterberg-sakekamer se regspan in staat stel om Eskom se plan om ons dorpe se krag te sny, finaal te stuit.

’n Dwarstrekkery sal meebring dat ons tot in ewigheid aan skuld sal moet afbetaal.

Related Articles

Back to top button