Community galleriesGalleries

Geite en giere…

Wat gebeur in die Waterberg?

Ons kyk na die afgelope week se doen-en-late in die Waterberg-gemeenskap.

Warmpatat: Smaaklike happie! ’n Inwoner van Bela-Bela het onlangs ’n baie vreemde brandreuk vanuit sy stoof gekry nadat ’n plaaslike elektrisiën die stoof ’n week gelede herstel het. Daar is later vasgestel dat die elektrisiën vermoedelik sy skroewedraaier in die stoof vergeet het en die vreemde reuk was dié van die skroewedraaier wat begin smelt het.
Die fikse inwoners van Renaissance-aftreeoord in Bela-Bela het op Maandag 4 Junie R1 178 aan Kansa Waterbergstreek se Toktokkie-projek geskenk. Saam met hierdie bydrae het die oefengroep vanjaar reeds meer as R5 000 aan hierdie projek geskenk. Die inwoners oefen drie oggende per week by die oord en pleks van ledegeld betaal, skenk hulle geld aan Kansa.

 

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button