Kyk hoe presteer ons leerders.
Home/Galleries/Boekevat en kekkelbekke GalleriesSchools galleries Boekevat en kekkelbekke Skole spog met hul kulturele uitblinkers. May 31, 2018 Die Pos-span / The Post team Less than a minute Facebook X LinkedIn Tumblr Pinterest WhatsApp Telegram Share via Email Print Laerskool Warmbad het op Maandag 14 Mei en Dinsdag 15 Mei hul beste redenaars in Engels in elke graad aangewys. Voor is Rialé van der Walt, Pieter Grobler, Daniell van der Merwe, Pedrie Claassens en Karli Brooker. Agter staan Niel du Plessis. Aila de Beer was afwesig met die neem van die foto. Kyk hoe presteer ons leerders. Dié leerders van Euphorbia Christelike Onafhanklike Skool in Mookgophong het op Donderdag 26 April aan die Podium pret-redenaarskompetisie by Hoërskool Hans Strijdom deelgeneem en pragtige uitslae behaal. Hulle is almal genooi om weer in September in die Paarl deel te neem. Voor is Kloé Potgieter, Mia Botha en Andri van Emmenes. Agter is Lianie Erasmus, Elodie van Emmenes en Izabella Rentroia. Hierdie leerders van die Euphorbia Christelike Onafhanklike Skool in Mookgophong het op Donderdag 3 Mei aan die eerste ronde van die ATKV-redenaars deelgeneem. Voor is Kloé Potgieter, Jacques van Wyk, Mia Botha, Andri van Emmenes en Lianie Erasmus. Agter is Lani Briel, James Briel, Elodie van Emmenes en Izabella Rentroia. Lianie het na die volgende ronde deurgedring Die jongspan by Klein Treetjie-kleuterskool in Modimolle het op Woensdag 23 Mei besoek van die polisie ontvang. AO James Findlay, sers. Johnny Ward, kapt. Piet Schoeman en sers. Esti Ward het hulle vertel wat polisiewerk behels en hulle het die kans gekry om agter in ’n vangwa te klim. Laerskool Vaalwater het deurgedring na die semifinale ronde van die South African Agency for Science and Technology Advancement (SAASTA) se astroQuiz wat op Vrydag 27 Julie plaasvind. Die finale nasio-nale ronde vind op 3 en 4 Oktober plaas. Hier eet die vier deelnemers van Laerskool Vaalwater roomys ná hul suksesvolle deelname aan die tweede ronde by die Modimolle-distrikskantore. Van links is HG de Wet, Stefan Swanevelder, Kyra le Roux en Charné Verster. You can read the full story on our App. Download it here. May 31, 2018 Die Pos-span / The Post team Less than a minute Facebook X LinkedIn Tumblr Pinterest WhatsApp Telegram Share via Email Print