Community galleriesGalleries

Geite en giere…

Wat doen ons mense?

Ons kyk na die afgelope week se doen-en-late in die Waterberg-gemeenskap.

Die sypaadjie tussen Thabo Mbeki- en Strydomstraat in Modimolle spog met ’n splinternuwe bedding. Dit is deel van ’n groep inwoners van Modimolle se “Aksie Opknap” om die dorp op te ruim en mooi te maak. Dié bedding met sy droogtebestande plante is deur Magdalena Stanford aangelê. Voor is Alberta van Jaarsveld, raadslid Sarna Groenewald en Marita van der Merwe. Agter hulle is Landi Smit, Magdalena Stanford, Henna Nothnagel, Erna Human, Fiona Abrie, Marlene van Staden, burgemeester, Dawn Swanepoel en Johann Abrie.
Lede van die Bosveld jagters- en wildbewaringsvereniging (BJV) het op Woensdag 9 Mei ’n opleidingsdag vir plaaswerkers in Modimolle aangebied. Die dag is gereël deur die Wildbedryf Suid-Afrika (WRSA) en werkers is touwys gemaak in jagetiek, noodhulp en instandhouding van jagplase. Willem van Deventer, ondervoorsitter van die BJV, het gesê die dag was ’n bewys dat samewerking tussen die WRSA en die BJV moontlik is aangesien albei organisasies grootliks afhanklik is van mekaar om die wildbedryf en ekonomie te bevorder. Op die foto is die BJV-instrukteurs Pat Loots, Van Deventer, Brian Hyland, Tinus Erasmus en Barend Lombaard.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button