LettersOpinion

Raak betrokke by debat oor grondsake

Die publiek het tyd tot Vrydag 15 Junie om voorleggings oor die wysiging van artikel 25 van die Grondwet by die parlement in te dien.

Jacques Smalle, provinsiale DA-leier, skryf:

Die publiek het tyd tot Vrydag 15 Junie om voorleggings oor die wysiging van artikel 25 van die Grondwet by die parlement in te dien.

Voorleggings kan gestuur word aan Pat Jayiya, komitee-afdeling, Posbus 15, Kaapstad of dit kan per e-pos gestuur word aan pjayiya@parliament.gov.za(.)

Die beoogde wysigings raak alle individue, ongeag of hulle grondeienaars is of nie. Dit is krities dat die gemeenskap menings lug oor die voorgestelde grondwetwysigings om die regering in staat te stel om eiendom te onteien sonder vergoeding.

Alle vorme van eiendom sal in die gedrang kom, nie net grond nie en dit is ons plig om eiendomsregte te beskerm.

Die openbare deelname vir die beoogde wysiging van die Grondwet word baie ernstig opgeneem en alle voorleggings sal deur die hersieningskomitee bespreek word. Die DA word deur adv. Glynnis Breytenbach, James Selfe en dr. Annelie Lotriet verteenwoordig.

Die komitee sal ook in Limpopo wees vir die openbare verhore van 27 tot 30 Junie en dit is belangrik dat die gemeenskap die verhore sal bywoon.

Die program is as volg: Woensdag 7 Junie in Groblersdal, Elias Motsoaledi-munisipaliteit; Donderdag 28 Junie in Mokopane, Mokgalakwena-munisipaliteit; Vrydag 29 Junie in Giyani, Groter Giyani-munisipaliteit en op Saterdag 30 Junie in Thoyandou, Thulamela-munisipaliteit.

Dit is uiters belangrik dat almal vir die Grondwet opstaan deur die verhore by te woon. Die algemene gevoel is ook dat die organisasies en politieke partye wat ten gunste van die wysiging is, hul lede in groot getalle gaan mobiliseer.

Dit is nie nou tyd om in ’n gemaksone te verkeer nie. Ons moet aktief betrokke raak om ons Grondwet en eiendomsregte te beskerm.

Die publiek kan my enige tyd kontak by tel. 083 392 3334 of jacquessmalle@gmail.com vir verdere inlig-ting of hulp om ’n voorlegging saam te stel.


For free daily local news in the Waterberg, visit Die Pos/The Post.

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages. You can also email our offices on diepos@icon.co.za or dieposnuus@icon.co.za


 

Related Articles

Back to top button