Local newsNews

Ondersteun ons bejaardes en dra ’n turkoois strikkie

Dié bewusmakingsaksie, waar mense ’n turkoois strikkie dra ter herinnering aan die uitdagings wat bejaardes in die gesig staar, word vanaf Dinsdag 15 Mei tot Vrydag 15 Junie gehou.

Tooi Turkoois vier vanjaar sy vyfde verjaardag.

Dié bewusmakingsaksie, waar mense ’n turkoois strikkie dra ter herinnering aan die uitdagings wat bejaardes in die gesig staar, word vanaf Dinsdag 15 Mei tot Vrydag 15 Junie gehou.

In die vinnig veranderende wêreld waar nuwe tegnologie ’n groot rol speel, vergeet ’n mens soms dat bejaardes sukkel om dié aanpassings te maak wat vir die jonger geslag natuurlik kom, sê Lize Fouché van die hulporganisasie Rata in Modimolle. As ’n mens grootgeword het met ’n ou slingerdraai- of knoppies- druktelefoon, is die nuwe tegnologie soms vreesaanjaend en intimiderend.

Tooi Turkoois se doel is om die jonger geslag bewus te maak daarvan daar mense en veral bejaardes is, wat dit nie altyd so maklik vind om al hierdie nuwe dinge te gebruik nie.

Hoewel tegnologie ons lewens vergemaklik, kan dit nie al ’n bejaarde se pyne of geheueverlies wegneem nie.

Volgens Fouché stel Tooi Turkoois voor dat bejaardes gehelp word deur bewusmaking van hul uitdagings deur strikkies uit te deel of een van verskeie dae by te woon.

Praktiese idees vir hulpver-lening is om instansies wat na bejaardes omsien se water- of elektrisiteitsrekening te betaal, gordyne of bedlinne te vervang, hulp om tuine in stand te hou of om dakke en mure te verf. Bejaardes wat nog onafhanklik is, kan betrek word by die gemeenskap en vergesel word as hulle by ’n staatshospitaal of kliniek moet sit en wag sodat hulle minder weerloos is.

Help hulle met die instandhouding van hul huise deur stukkende gloeilampe, slotte en ruite te vervang, krane wat lek reg te maak en tuine te versorg, stel Fouché voor.
Maak seker dat hulle vervoer het vir inkopies of kerkbywoning.

Moedig die kinders van bejaarde persone aan om meer by hul ouers se lewens betrokke te wees, was nog van Fouché se raad.

Vir meer inligting, skakel Rata by tel. (014) 717 3594.


For free daily local news in the Waterberg, visit Die Pos/The Post.

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages. You can also email our offices on diepos@icon.co.za or dieposnuus@icon.co.za


 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button