Local newsLocal sportNewsSportSportSport

Nylies wen Limpopo-liga

Die tweede krieketspanne vanLaerskool Warmbad en Laerskool Nylstroom het op Donderdag, 3 Oktober sake uitgespook in die Limpopo-finaal.

Die Nylies het aan die einde van die dag se spel met die louere weggestap.

Die Nylies het eerste kans gekry om te kolf op hul tuisveld en ’n telling van 137-lopies vir die verlies van nege paaltjies aangeteken. In antwoord hierop kon die Warrie-span slegs 99-lopies vir die verlies van agt paaltjies behaal in die voorgeskrewe boulbeurte.

Stefan Marx van die Nylies, het 41 lopies van net 50 balle aangeteken en word aangewys as kolwer van die wedstryd.

Jaco Palladino ook van die Nylies was die beste bouler van die dag, nadat hy slegs 16-lopies afgestaan het en twee paaltjies laat kantel het. Hy het ook goeie veldwerk gedoen en het ’n briljante vangskoot benut.

Dante Erwee het uitstekend geboul vir die Warries en Jano Weideman het uitgeblink met die kolf.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button