News

Nog ’n Modi-woning bly in die slag

Slegs ’n kort afstand van die Booyse’s se huis af in Rietspruit buite Modimolle, was Dirk van Jaarsveld besig om televisie te kyk toe hy wonder waar kom al die rook in sy huis vandaan.

“Ek was in my slaapkamer op die tweede verdieping – toe ek afstap om ondersoek te gaan instel, was die vlamme reg langs die huis gewees. Die wind was baie erg en toe die huis se grasdak eers vlam vat kon ons glad nie meer keer nie,” het hy gesê.

Ook Van Jaarsveld het alles in die brand verloor. “Ek is uit die huis uit met ’n broek, onderbroek, plakkies en my beursie en selfoon. Dit is al wat oorgebly het. Al my meubels en huisgoed is weg.”

Sy werkskamer het ook in die slag gebly en daar is niks van die draaibank of die staanboor oor nie.

 

Vir hulp aan die ontheemde inwoners:

Talle inwoners doen navraag oor waarmee hulle kan help. Benewens klere, het die inwoners ook al hul meubels, kombuisware en toestelle verloor.
Carien se tandeplaatjie het ook in die slag gebly.

Jaybee dra ’n nr. 11-skoen,
’n 5XL-hemp en 4XL-broek.
Carien dra ’n nr. 8-skoen, ’n 3XL-hemp en ’n 4XL-broek.

Dirk dra ’n nr. 36 broek en hemp en nr. 8-skoen.

Vir meer inligting skakel tel.
083 389 6605.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button