News

Bome bied veel meer as net skaduwee

Met lente in die lug het AfriForum se Nylstroomtak onlangs verskeie bome in die dorp aangeplant.

Volgens Lize Viljoen van dié tak, het hulle ’n huilboerboon, vaderlandwilg, wilde olyf, bergkaree en ’n witstinkhout in die park geplant.

Die bome is deur AfriForum geskenk en lede het ook kompos en water geskenk om die boompies ’n goeie wegspring kans te gee..

Ria van Vuuren van die Bosveldsig-aftreeoord en ’n lid van die plaaslike Dendrologiese-vereniging, het ook ’n wildepruimboompie, wat sy van saad af gekweek het, gebring om in die park te plant.

“Ons moet sorg dat ons meer bome plant as wat ons uithaal,” het dié boomgeesdriftige gesê.

Die huilboerboon het sy naam te danke aan sy blomme wat soveel nektar produseer, dat dit lyk of die boom huil.

Die vaderlandswilg is ’n medium-grootte boom wat tussen ses en 12 meter hoog word en dikwels aangeplant word as koelteboom.

Die wilde olyf, ook bekend as die olienhout, produseer bitter vrugte wat baie gewild is onder voëls.

Die immergroen bergkaree word sowat vyf meter hoog en het ’n lekker breë blaarkroon vir skaduwee. Dit lyk baie soos die karee en witkaree, maar die blare se rante is getand.

Die bladwisselende witstinkhout is ’n bekende gesig in plaaslike tuine. Dit is droog- tebestand en groei vinnig. Die boom se vruggies is gewild onder voëls en diere. Dit is ’n goeie koelteboom.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button