Local sportNewsSportSport

Senior tennisspelers slaan kishoue

Tyd vir stilsit is min vir vier plaaslike senior tennisspelers wat hierdie week aan die interprovinsiale tenniskampioenskap vir seniors in die Wes-Kaap deelneem.

Limpopo se 60+ span bestaan uit Rina Chisholm en Maks Verhage (beide 70), wat in die Kokanje-aftreeoord buite Modimolle woon, Theunis Lee wat die kaptein is en in die Negester-aftreeoord buite Bela-Bela woon en Llewelen Booth van Mokopane.

Hulle neem van 2 tot 6 Oktober deel in die Kaapse Wynlande, waar hulle sake gaan uitspook met spelers van ander provinsies, sommiges moontlik tot tien jaar jonger as hulle.

Die Limpopo-span het verlede jaar met ’n bronsmedalje weggestap.

“Ons hoop maar net die lywe hou!” het Chisholm laggend gesê.

“Hoe hoër die ouderdomsgroep is, hoe minder mense is daar wat nog speel. Dit beteken dat die ouderdomme van spelers soms baie verskil.” Sy het oor die jare baie ure op die tennisbaan deurgebring en het ’n groot liefde vir die sport.

“Die tennisspelery hou ons jonk van gees en aan die gang,” het sy gesê. Sy en Verhage speel twee dae ’n week by die Nylstroom-tennisklub en twee dae by Kokanje se bane.
“Sosiale tennis is ’n baie goeie manier om mense te ontmoet.

Ek het in 1978 as student in Newcastle aangekom en niemand geken nie. Ek het begin tennis speel en baie mense leer ken en ingeskakel by die gemeenskap. Dieselfde het gebeur toe ek later jare in Modimolle by die tennisspelers in geskakel het,” het sy gesê.

Haar liefde vir die sport kom ’n lang pad. “Ek het as kind op ’n baie klein dorpie in Natal gewoon. Daar was die hele gemeenskap Saterdae op die tennisbaan en Sondae in die kerk.

Ek het saam met my pa langs die tennisbaan grootgeword en later self begin speel.” Sy het later vir die Iscor-klub in Noord-Natal en ook Natal in die Shield Cup verteenwoordig. Sy het later jare by Mpumalanga geaffilieer en ook daar kompeterend deelgeneem.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button