Local newsNews

Warrie-matrieks groet in styl

Die matriekleerders van Hoërskool Warmbad het op Donderdag, 19 September op luisterryke wyse van hul skool afskeid geneem.

Daar was geen tekort aan styl en elegansie tydens die aankoms nie. Die blink voertuie, waarvan party splinternuwe vuurwaens was en ander met ’n tikkie nostalgiese vintage flair en selfs hier en daar ’n tong in die kies voertuig soos die pragtige rooi trekker, het die matrieks by hul afskeid kom aflaai.

Selfs die duur voertuie kon nie die kollig steel by die stylvolle matrieks se elegante uitrustings nie. Die toeskouers het kort-kort “ge-ooh en ge-aah” tydens die matrieks se aankoms.

Die tema van die aand was “Arabian Nights” en die deftige dinee is by Willevy, net buite Bela-Bela gehou.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button