Local newsLocal sportNewsSport

Naelbyt-aksie op die krieketveld

Die o.11-krieketspan van Laerskool Warmbad het in n spanningsvolle wedstryd die knie gebuig in die Limpopo-finaal.

Die jong Warries het in die taaiste wedstryd van die seisoen op Dinsdag, 17 September teen Unicorn Preparatory School van Tzaneen te staan gekom. Die wedstryd is op die krieketveld van Hoërskool Tom Naude in Polokwane beslis.

Die Warries het eerste gekolf en 127 lopies aangeteken. Unicorn het geantwoord en die telling met slegs agt paaltjies plat, gehaal. Spelers wat uitgeblink het vir die Warries is Ruan Nel (kaptein) en Jaydin Heath wat 60 lopies nie uit nie, aangeteken het.

Unicorn se span is aangewys as Limpopo-kampioene en die span van Warmbad is die naaswenners.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button