Local newsLocal sportNewsSportSport

Jong Warries deur na Limpopo-finaal

Die o.11-krieketspan van Laerskool Warmbad het deurgedring na die Limpopo finale.

Die span het op Donderdag, 12 September op Tzaneen teen die span van Laerskool Dr. Annecke van Letsitele in die Limpopo- semi-finaal gespeel.

Die jong Warries kon daarin slaag om 127 lopies vir die verlies van nege paaltjies in hul beurt aan te teken en met puik boulwerk die span van Dr. Annecke te beperk tot 58 lopies.

Met uitmuntende veldwerk van die paaltjiewagter, Zander Uys, en uitstekende boulwerk van Marnus Volschenk, dring die Warries deur na die Limpopo-finaal, wat op Woensdag, 18 September teen Unicorn Preparatory School van Tzaneen in Polokwane beslis sal word.

Zander het ook twee prag vangskote geneem en een van Dr. Annecke se kolwers gestonk en Marnus kon daarin slaag om vyf paaltjies te neem vir slegs vyf lopies in vier boulbeurte.

Warries julle maak ons trots!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button