Local newsNews

Oom Herkie gegroet met ’n traan

Dit is met hartseer dat die gemeenskap van Mokopane een van die bekende gesigte in die dorp en omgewing groet.

Herculaas Frederick Coetzee, beter bekend as Oom Herkie, was vir meer as 40 jaar ’n geliefde inwoner in Mokopane (Potgietersrus).

Oom Herkie se afsterwe op Vrydag, 16 Augustus laat ’n groot leemte, veral by die Bosveld Canteen familie-kuierplek, waar hy ’n bekende gesig was na sy vrou se afsterwe ’n paar jaar gelede.

Inwoners het gesê dat hy nie-amptelik die gesig van Bosveld Canteen was. Hy was elke dag getrou op sy pos en het ongeag sy kwynende gesondheid 08:00 soggens die deure oopgesluit.

Almal weet waar Oom Herkie se swart leer stoel staan en het geweet as hul hom soek, is dit waar hul hom sou kry, rustig met ’n sigaret in die hand. Saans was dit dieselfde, hy het daarop aangedring om self te sluit en die alarm te aktiveer. Hy het ook gereeld bestellings afgelewer.

Nadat sy huis, sowat twee jaar gelede afgebrand het, het hy soos familie geword vir Louis Janssens, Moira, Ouma Bettie en Oom Buks.

Die skoonmakers, Lizzy en Linah, se harte is baie seer om sy kamer een laaste keer skoon te maak. Sy plekkie is nou leeg by Bosveld Canteen en die gemeenskap sal sy bekende gesig mis.

Oom Herkie se begrafnis vind op Vrydag, 30 Augusuts plaas vanuit die Volle Evangelie Kerk in Mokopane.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button