News

Klub 60 skep forum vir nuwe vriendskappe

Eensaamheid is die vyand van talle bejaarde mense en moet ten alle koste vermy word.

Klub 60 in Bela-Bela het ten doel dat ouer persone nuwe vriendskappe kan smee en ook gereeld met hul portuur gesellig kan verkeer.

Dié klub is in 1995 deur Gladys van der Merwe, Fanie en Louna Lombaard gestig met die missie om kameraadskap te bied aan inwoners wat aangestap het in hul jare. Hul teiken groep is inwoners bo 60 wat nie meer voltyds in ’n beroep staan nie.

Die klub onderneem maandeliks uitstappies waar die lede gesellig kan saam kuier oor ’n koppie koffie of ’n laat-ontbyt en soms ’n braai.

Evan Winslow, die nuut verkose voorsitter, het aan Die Pos die hoop uitgespreek dat meer inwoners by hul sal aansluit en te deel in nuwe vriendskappe en avonture.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button