Local sportNewsSportSportSport

Atletiekdroom word waar ná tagtig

Min mense het nog groot sportdrome op hul te-doen-lysies wanneer hulle in hul tagtigs is.

Babsie Grobler-Crafford van die Kokanje-aftreeoord in Modimolle het egter nie haar drome opsy geskuif nie. Sy het van 13 tot 25 Augustus deelgeneem aan die wêreldmeesterskampioenskap in Gothenburg in Swede.

“Ek is so dankbaar dat ek kon deelneem. Ek het vooraf vir myself gesê ek sal baie bly wees as ek binne die eerste twintig atlete kan wees, maar my twee swakste plekke was dertiende en elfde.

Ek is baie opgewonde daaroor,” het sy vanuit Frankfurt in Duitsland, waar hulle na die byeenkoms heen reis, gesê.

Sy het in die kategorie vir atlete tagtig jaar en ouer die volgende plekke behaal: negende in hamergooi, dertiende in gewigstoot, elfde in werpskyf, agtste in spiesgooi, vyfde in massagooi en negende in die vyfkamp.

“Vir my was dit ongelooflik om in vier items onder die toptien in die wêreld te wees en in twee ander items onder die beste twintig in die wêreld.”

Grobler-Crafford neem jarelank reeds saam met ander atlete van die Kokanje-aftreeoord aan meestersatletiek deel. Die groep het vroeër vertel dat hulle al lewenslank lief is vir sport en van

jongs-af daaraan deelgeneem het. Meestersatletiek het hulle die geleentheid gebied om hul liefde daarvoor, selfs na aftrede, uit te leef.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button