Local newsLocal sportNewsSchoolsSportSport

Jong Warries moker die krieketbal

Die behendigheid met die krieketkolf het die o.11-span van Laerskool Warmbad onderskei van hul teenstaanders.

Die span het op Dinsdag, 13 Augustus teen Laerskool Nylstroom kragte gemeet.

Buksie de Jager was een van die uitblinkers van Laerskool Nylstroom. Foto: Herman Steyn.

Die Warries het eerste op hul tuisveld geboul en het die besoekers vir 114 lopies, met tien paaltjies plat, in die toegelate boulbeurte uitgehaal.

Hierna het Warries hul op die kolfblad tuisgemaak en het daarin geslaag om 116 lopies aan te teken met slegs twee paaltjies wat geval het. Hul wen die wedstryd met agt paaltjies.

Ruan Nel en Jayden Heath van Laerskool Warmbad het hulself onderskei en het die hoogste tellings aangeteken. Jayden het daarin geslaag om 50 lopies, nie uit nie, te moker.

Die afrigters van die span is Danie Jordaan en JD Fourie.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button