Local sportNewsSport

Spelers ondersteun kinderhuis pretdag

Die balle het behoorlik gevlieg tussen die doelpale tydens die Abraham Kriel-kinderhuis fondsinsamelingsprojek.

Leerders van Hoërskool Warmbad het op Saterdag, 20 Julie aan ’n fondsinsamelingsprojek deelgeneem ten bate van die kinderhuis op Modimolle.

Netbalwedstryde is op die velde van Hoërskool Nylstroom gespeel, en spelers het nie onder die vaandel van Hoërskool Warmbad deelgeneem nie, maar het hul eie spanne saamgestel. Die twee Warrie-spanne was Netball Poppie Sistas en die Fearsome Royals.

In hierdie vrolike, vriendskaplike uitdagings was tellings nie eintlik van belang nie, maar pret was aan die orde van die dag.

Die Warries se Keoropetse Mallela, Anuscha Combrink en Bohlale Maluleke is aangewys as die Spelers van die Wedstryde.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button