NewsSportSport

Warries eerstes kraai koning

Die eerstespan van Hoërskool Warmbad het verlede Saterdag, 27 Julie, kookwater-rugby gespeel en deurgedring na die Noordvaal semi-finaal.

Die span het Hoër Tegniese Skool Klerksdorp in die kwarteindronde van die Noordvaal-kompetisie met 24-17 geklop. Die span het geveg vir balbesit en die pyp aan die einde gerook met goeie spanwerk.

’n Wedstryd weg van die huis af is nie altyd maklik nie Die o/14 span het naelbyt verloor, alhoewel die punte telling gelykop was, met 17 elk.Volgens die wedstrydreëls word die span wat eerste

’n drie druk dan aangewys as wenners. Die Warries kom dus as naaswenners huis toe. Die o.16-span het uit die staanspoor swaargekry en het met ’n telling van 38–0 die stryd gewonne gegee.

Die eerstespan kom nou op Saterdag, 3 Augustus in die semi-finaal te staan teen Hoërskool Kanonkop van Middelburg. Die wedstryd word op Kanonkop se tuisveld gespeel.

Sien nog foto’s op Die Pos se Facebook.

Related Articles

Back to top button