News

Deur die lens

Die Warmbad Fotografieklub bestaan uit ’n groep uitmuntende fotograwe en min ontsnap hul flitsende kameralense.

Gerda de Bruto Wagner is tans die voorsitter van die klub en Alma Hoon, dien as vise-voorsitter.

“Vroegoggend” is geneem deur Alma Hoon van Bela-Bela.

Die klub hou maandelikse kompetisies, en lede se foto’s word beoordeel deur bekroonde fotograaf, Francois Venter van die Photographic Society of South Africa (PSSA). Daar is tans elf lede betrokke by die klub.

In ’n vorige maand-kompetisie is Tilly Kriel se foto “Het die Padda”, aangewys as klaswenner. Alma Hoon se “Vroegoggend”-foto het goud gewen in die Mei 2024-kompetisie.

Die volgende byeenkoms sal op Saterdag 7 September gehou word. Persone wat meer inligting wil bekom of inskryf vir die kompetisies is welkom om vir Gerda te bel by tel. 082 563 4725.

Related Articles

Back to top button