High SchoolNewsSportSport

Hansies vat die beker huis toe

Dit was ’n tawwe wedstryd waar die spelers moes kophou en deursettingsvermoë wys, maar die o.15-rugbyspan van Hoërskool Hans Strijdom kan uiteindelik sê hulle is die Limpopo-kampioene!

Die span het op Saterdag, 13 Julie teen die span van Ellisras op dié se tuisveld te staan gekom in die Limpopo-finale in afdeling twee.

Hans Strijdom het die taai wedstryd met 18 – 15 gewen.

Volgens hul afrigter, Martin van Heerden, het die span al hul wedstryde in die liga gewen, behalwe hul vorige wedstryd teen Ellisras. “Ons het sleg teen Ellisras verloor met ’n telling van 33 – 3. Die manne moes ’n kopskuif gemaak het en met die finale het hulle mooi bymekaar gekom,” het hy gesê. “Ons het ook ’n oefenkamp die vorige naweek gehad om seker te maak ons is op ons beste.”

Van Heerden was self ’n Hansie in sy skooldae en glo hierdie oorwinning is iets wat die seuns altyd sal onthou.

“Elke speler het sy kant gebring in sy spesifieke posisie, asook die reserwes.”

Die Hansies het teen Ben Viljoen in die semi-finaal te staan gekom en 28 – 24 gewen. Ellisras was tot en met die finaal vanjaar onoorwonne.

Die spankaptein was Johan van Biljon wat ook aangewys is as die Man van die Wedstryd. Die onderkaptein was AJ van Jaarsveld.

In die ander ouderdomsgroepe het Ben Viljoen se o.14’s Ellisras se span 26 -10 geklop. Ben Viljoen se o.16’s het ook hul staal teen Ellisras gewys met ’n telling van 21 – 17. In die eerste spanne se finaal was dit weer Ben Viljoen teen Ellisras, met die Ellisras-span wat met 27-19 koning gekraai het.

Related Articles

Back to top button