Local sportNewsSportSportSportSports galleries

Jukskei-legendes sê mekaar stryd aan

Die Limpopo Jukskei-unie bied ’n ‘Legende-dag’ aan op Saterdag, 10 Augustus by die Kokanje-aftreeoord buite Modimolle.

Provinsiale- en Springbokspelers sal teen mekaar te staan kom in die liga-wedstryde wat op die dag gespeel word.

“Legendes in die spel sal op hierdie dag vereer word,” het Pieter Matthyser, een van die organiseerders, gesê.

Jukskei is ’n spel wat dateer uit die vroeë 1700’s, toe mense begin het om jukskeie (wat afkomstig is van die juk wat gebruik is om osse voor waens in te span) en houtstompe na ’n voorwerp op die grond te gooi.

Volgens Jukskei SA het Goewerneur Jan de la Fontaine die Fort de Rietvallei aan die Buffelsjagtrivier gestig om brand en timmerhout aan die Kasteel in Kaapstad te verskaf.

Die spel het hier sy ontstaan gehad om hul ledige ure te vul. Transportryers het dit in ’n georganiseerde spel ontwikkel en die eerste amptelike wedstryd is in 1939 in Klein-Drakenstein teen die Keerweder- en KWV-spanne gespeel.

Die spel het in gewildheid gegroei en in 1940 speel die Oos-Kaap en Vrystaat die eerste interprovinsiale wedstryd.

Jukskei het ontwikkel tot ’n volwaardige sport waaraan slegs amateurs deelneem.

Vir meer inligting oor die ‘Legende-dag’, kan belangstellendes Matthyser kontak by tel. 082 771 8214.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button