News

Man in hof na windbuks aanval

Die man van Bela-Bela wat daarvan beskuldig word dat hy op Donderdag 6 Junie twee mans in afsonderlike voorvalle, met ’n windbuks geskiet het, Pedré Greyling (30), het op Woensdag, 19 Junie vir die eerste keer persoonlik in die landdroshof in Bela-Bela verskyn.

Greyling word van twee klagtes van poging tot moord aangekla na die voorval waarin hy twee mans aangeval en ernstig beseer het met ’n windbuks. Op Maandag, 10 Junie is die saak teen hom in absentia uitgestel aangesien hy weens ’n moontlike geestestoestand nie in staat was om persoonlik voor die hof te verskyn nie, en hy as ’n gevaar vir homself en omstanders beskou is.

Bela-Bela Landdroshof.

Hy is met sy verskyning op 19 Junie onder streng polisie bewaking voor die hof gebring en die saak teen hom is uitgestel vir verdere ondersoek en evaluering van Greyling se geestestoestand.

Related Articles

Check Also
Close
 
Back to top button