NewsPets

Wees verantwoordelik en steriliseer jou diere

Die verantwoordelikheid om troeteldiere te versorg val honderd persent onder die eienaars se pligte.

Talle troeteldiere gaan op Maandag 8 Julie teen baie bekostigbare pryse in Mookgophong gesteriliseer word, danksy die Mokopane-staatsveearts en die Naboom-dierebeskerming.

Die geleentheid is slegs beskikbaar vir mense wat Sassa-toelaes ontvang of wat minder as R5 000 per maand verdien.

Die koste om ’n wyfiekat te steriliseer is R450, ’n mannetjieskat is R400 en ’n hondereun is R450.

Diegene wat kwalifiseer en van die aanbod gebruik wil maak, kan aansoek doen deur ’n Whatsapp te stuur na tel. 083 272 7157 of tel. 082 734 0779.

Related Articles

Back to top button