News

Kinderhuis bied tweede familiefees aan

Die Abraham Kriel-kinderhuis in Modimolle nooi inwoners om te deel in hul tweede familiefees.

Die fees bied ’n dag met heerlike vermaak en talle stalletjies waar sakeondernemings hul produkte bekend stel.

Plaaslike kunstenaars soos Teen Ons Wil en Henri Alant tree op, asook Abraham Kriel se eie sterre. Vanjaar gaan die kinderhuis se Mango Groove-dansers die gaste bekoor. Hulle het in

Meimaand die kinderhuis se talentkompetisie gewen en hulle danspassies gaan vir ’n opwindende vertoning sorg!

Feesgangers sal ook die geleentheid kry om pryse te wen deur vrae oor die kinderhuis te beantwoord.

Inwoners is nie altyd bewus van die verskeidenheid dienste en produkte wat plaaslik beskikbaar is nie. In hierdie opsig bied die fees ʼn unieke platform. Dit is ook ʼn ge-

leentheid vir die Abraham Kriel-kinders om die gemeenskap te dien. Hulle werk by die koffiewinkel en leer vaardighede aan wat hulle in die toekoms sal kan gebruik.

Vir meer inligting, skakel Annie le Roux, die fees-organiseerder, by tel. 076 012 6031 of vir Marlene de Villiers, bemarker, by tel. 082 365 3984.

Related Articles

Back to top button