Schools

Waterberg CVO-leerders ken hul Bybel

Daar is een dik boek wat die leerders van die Waterbergskool vir CVO in Modimolle van hoek tot kant ken en dit is die Bybel.

Verskeie leerders het deurgedring na die derde ronde van die BCVO Kultuurraad se Bybelkennis-kompetisie, wat op Vrydag 23 Augustus by Orania plaasvind.

Slegs die eerste ses in elke ouderdomsgroep word gekies om verder deel te neem. Leerders wat deelneem moet bo 70% behaal om te kwalifiseer.

Wian Janse van Rensburg en Marnu Kleinhans is in gr. 5 en gaan ook Orania toe om hul kennis by die Bybelkennis-kompetisie te toets.
Linke Marx, Retha Oosthuizen en Kylie Abrie is in gr. 4 en gaan die Waterbergskool vir CVO in die derde ronde van die BCVO se Bybelkennis verteenwoordig.
Rinus Pretorius (gr. 7) is ’n staatmaker spanlid.
Rianco Jacobs (gr. 6) gaan aan die derde ronde van die Bybelkennis deelneem.

Related Articles

Back to top button