Local newsNews

Videos van stemhouers wat opgeskeur is, ondersoek

Videos van stemhouers wat opgeskeur is en beweringe dat daar stembriewe in was, het die ronde gedoen en groot ontsteltenis veroorsaak. Die polisie was vroegoggend reeds teenwoordig by die OVK-kantore langs die stadsaal in Modimolle om die beweringe te ondersoek. Kol. Michael Raseka, stasiebevelvoerder in Modimolle, wou nie kommentaar lewer voordat die ondersoek afgehandel is …

Videos van stemhouers wat opgeskeur is en beweringe dat daar stembriewe in was, het die ronde gedoen en groot ontsteltenis veroorsaak.

Mayor of Modimolle-Mookgophong Municipality, Sechele Sebolai, casting his vote.

Die polisie was vroegoggend reeds teenwoordig by die OVK-kantore langs die stadsaal in Modimolle om die beweringe te ondersoek. Kol. Michael Raseka, stasiebevelvoerder in Modimolle, wou nie kommentaar lewer voordat die ondersoek afgehandel is nie.

Volgens Dikeme Pilane van die OVK was die stemhouers ongebruikte houers van die spesiale stemme wat in die voorafgaande twee dae uitgereik is.

“Vir spesiale stemme word net een stembriefhouer gebruik in plaas van die drie wat op stemdag gebruik word. Die houers wat verwyder is, was dié wat ongebruik was, daar was geen stembriewe in nie.”

Mothokoa Tsebe and her daughter Thobya at the polls. Thobya came to see what the voting was all about as she is only eligible to vote in the next elections.

Die OVK-kantore is in ’n tydelike gebou, en Pilane het gesê dat daar nie genoeg plek was om die houers te stoor nie. Dit is buite neergesit.

Bo: Wiets Botes (raadslid van die DA) saam met sy kinders, Wiets (jnr) en Mikayla, het ook hul kruisies gaan trek. “Jonges moet betrokke wees in politiek om hul toekoms in ons land te verseker, het rdl. Botes gesê.
Regs: Koos- en Poppie Retief van Modimolle.
Zunaid Mosam activist and author in Modimolle cast his vote.
Esna en Schalk van Dyk en hul ma Corrie van Dyk het hul kruisies gaan trek. “Dit is belangrik om te stem want elke stem tel,” het Esna gesê. Corrie het met ’n knipoog laat hoor: “Hulle stem vandag darem saam!”

Verteenwoordigers van ander politieke partye by die stadsaal was rustig oor die voorval.

“Die stemme gaan later gerekonsilieer word en daar is baie prosesse in plek. Indien daar wel ’n knoeiery was, sal dit aan die lig kom,” het DA-wyksraadslid Wiets Botes gesê.

Lede van die ander partye het ook gesê dat die polisie ondersoek ingestel het en dat hulle gerus is dat die voorval hanteer word.

In Mookgophong is ’n aantal kiesers vroegoggend weggewys by die stempunt by Laerskool Eugene N. Marais omdat hul name nie op die kieserslys verskyn het nie, hoewel hul geregistreer het, het Marita Louw, VF Plus-wyksraadlid gesê.

Daar is nuwe opgedateerde lyste gedruk en hulle kon wel hul kruisies trek.

By die stempunt by Rietfontein by Die Oog-aftreeoord, was daar vir ’n ruk lank nie genoeg streek-stembriewe nie, maar dit is volgens Louw binne ’n uur aangevul.

Sechele Sebolai, burgemeester van die Modimolle-Mookgophong-munisipaliteit was vroegoggend by die stempunt by die OR Tambo-saal, hoewel hy in Vaalwater geregistreer is om te stem.

“Alles verloop goed vanoggend,” het hy gesê.

Hy sou laatmiddag sy kruisie in sy tuisdorp, Vaalwater, gaan trek het. Hy was vol vertroue dat sy party, die ANC, weer so goed soos vorige jare by die stembus sou vaar.

Related Articles

Back to top button