Editor's choiceLocal news

Dopper-kerk groet geliefde dominee

Die Gereformeerde Kerk Warmbad-gemeente, in Bela-Bela groet in Augustus hul geliefde herderspaar van die afgelope 18 jaar.

Ds. Bernard Hatting, tree einde Augustus af, en hy en sy vrou Yvonne hoop om hulself in Sedgefield, die pragtige kusdorp op die Tuinroete, te gaan vestig.

Die Warmbad-gemeente is vol lof vir ds. Hattingh se suiwer skriftuur gefundeerde Woordverkondiging, en almal is dit eens dat die egpaar diep spore getrap het in die bykans twee dekades wat hulle deel was van die gemeenskap.

Nie net gaan ds. Hattingh se wonderlike Sondag-boodskappe, geestelike leiding en insig, gemis word nie, maar definitief ook sy vrou se kreatiewe gebak, en veral haar befaamde pap en kaiings wat ’n standaard item op dié gemeente se spyskaart is.

Related Articles

Back to top button