Schools

Boekevat en kekkelbekke

Skole spog met hul kulturele en akademiese uitblinkers.

Nina Swart wat van kleinsaf haar neus in ’n boek gehad het, het op Vrydag, 10 Mei die BSc-graad (Chemiese Ingenieurswese) Cum Laude verwerf aan die Universiteit van Pretoria. Hierdie slimkop het ook die fakulteitstoekenning verower vir die beste finalejaarprojek. Sy het in Pretoria gevestig waar sy ’n pos by ’n bekende ingenieursfirma geoffer is en ook haar studies voortsit. Sy is die oudste dogter van Niel en Keina Swart van Bela-Bela. Jy maak ons trots Nina!

Nog twee van Bela-Bela se slimkoppe wat graad behaal het aan die Universiteit van Pretoria, is die sussies Mijanke en Simoné Blignaut. Mijanke het BEd Grondslagfase behaal en ousus Simoné het ’n LLB-regsgraad verwerf. Hul was albei leerders van Hoërskool Warmbad. Hul trotse ouers is Dian en Junita Blignaut.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button